Ons skrywers

Besigtig alles

Articles by James Banks

Wegkruip en Soek

“Jy kan my nie sien nie!”

Wanneer kinders wegkruipertjie speel glo hulle soms dat hulle wegkruip deur net hulle oë te bedek. Hulle glo as hulle jou nie kan sien nie, jy hulle ook nie kan sien nie.

Hoe naief en eenvoudig dit ookal mag klink, doen ons soms iets soortgelyks met God en is ons dan geneig om God uit te sluit…

Ons Gebede, God Se Tydsberekening

Dit is soms moeilik om te verstaan hoekom God nie altyd dadelik ons gebede verhoor nie.

Dit was ook die geval met Sagaria, ’n priester aan wie die engel Gabriël eendag verskyn het. Die engel het vir hom gesê dat God sy gebede verhoor het, dat sy vrou Elizabeth ’n seun in die wêreld gaan bring, en dat Sagaria hom Johannes…

Volmaakte Gebedsvriend

Daar is min dinge wat so mooi op die oor val as wanneer iemand wat jou liefhet vir jou bid. Wanneer ’n mens ’n vriend hoor wat met deernis en Godgegewe insig vir jou bid, beleef jy iets van die hemel wat aan die aarde raak.

Tog kan ons gebede, danksy God se goedheid jeens ons, ook aan die hemel…

Vars Geloof

As jy my vertel het dat God ons ​​ervaring met my seun, wat in daardie stadium ’n heroïenverslaafde was, eendag sou gebruik om ander gesinne te bemoedig wat dié soort teëspoed in die gesig staar, sou ek dit skaars kon glo. God het ’n manier om die goeie uit moeilike omstandighede te laat voortspruit al is dit moeilik om dit…

Die Beste Porsie Van Alles

“Sy stukkie is groter as myne!”

Toe ek ’n seuntjie was, het ek en my broers soms gekibbel oor die grootte van die stuk tuisgemaakte pastei wat Ma vir ons gegee het. Op ’n dag het Pa ons manewales met ’n opgetrekte wenkbrou waargeneem en vir Ma geglimlag terwyl hy sy bord hou: “Gee vir my ’n stukkie so groot soos…

Stap Na Krag

“Sal ons slange teëkom?”

Allan het dié vraag gevra toe ons langs die rivier naby ons huis gestap het.

“Ons het nooit vantevore een teëgekom nie,” het ek geantwoord, “maar ons kan! Laat ons die Here vra om ons veilig te hou.” Ons het gebid en verder gestap.

’n Paar minute later het my vrou skielik agteruit getree om ’n…

Vrede En Vertroue

Toe ek ses jaar oud was, het ek my vir die eerste keer saam met my broers op ’n tuimeltrein begewe. Toe ons die eerste draai teen ’n hoë spoed bereik, het ek benoud begin gil: “Stop die ding dadelik! Ek wil afklim!” Natuurlik het die tuimeltrein nie gestop nie, en met spierwit kneukels het ek tot aan die einde…

Gee Oor Aan Jesus

Hulle noem dit “Die Duiwel se Voetspoor.” Dis ’n voet-vormige afdruk in die graniet op ’n heuwel langs ’n kerk in Ipswich, Massachusetts. Volgens ’n plaaslike legende het die “voetspoor” een herfsdag in 1740 gebeur, toe die evangelis George Whitefield só kragtig gepreek het dat die duiwel van die kerktoring afgespring en op die rots te lande gekom het op sy…